Saturday 8 February 2014

DIE VINGER VAN JESUS

“Moenie 'n persoon op sy baaitjie trakteer nie”, lui die spreekwoord. Dit beteken, dat jy nie iemand moet beoordeel of veroordeel, voordat jy jou nie vergewis het met die feite nie. Tog is die mens geneig om mekaar vinnig oor die kole te haal. Selfs Jesus het, tydens Sy tyd op aarde, baie hiermee te doen gekry.

Die skrifgeleerdes, Fariseërs en Sadduseërs – wat die godsdienstige leiers in Jesus se tyd was – het met tye aan die voorpunt van veroordeling gestaan, sonder om hand in eie boesem te steek. En dit alles waarmee hul, hul swakhede verberg het. Verkeerd is verkeerd en sonde is sonde, maar die houding waarmee dit bejeën word, is die besprekings punt.

Indien 'n mens homself wel in die posisie bevind om 'n oordeel te fel, moet dit regverdig wees; in teenstelling met die mens se opvatting (Joh. 7:24). Dit beteken, dat jy as mens jou deeglik moet vergewis met die feite, sonder om partydig te wees. In so 'n geval kan so 'n persoon in nugterheid die regte gevolgtrekking maak.

Op 'n stadium was 'n vrou op die daad van egbreuk betrap. Dit was vir die leiers 'n ideale geleentheid om met die vrou na Jesus te haas, om sodoende Sy opinie te kry. Natuurlik was dit nie om werklik Jesus se opinie aan te hoor nie, maar om Hom uit te lok (versoek).

Jesus se optrede en gedrag het hulle verstom, want sonder veel woorde het die beskuldigers in hulself besef, dat hulle oordeel nie regverdig was nie.

Alhoewel die vrou se daad verkeerd was en Jesus dit geensins goedgekeur het nie, was Sy oordeel regverdig.  As volgelinge van Jesus Christus, moet ons ook by Hom leer en in Sy voetstappe volg...

'n Volledige boodskap en bespreking hieroor word vervat in 'n netjiese A5 boekie, wat u kan bestel as Bybelstudie materiaal vir uself, u kerk, huis sel ens. Doen gerus navraag hieroor, sowel as vele ander onderwerpe wat strek vanaf Genesis tot en met Openbaring.

Vir enige geestelike hulp, bediening, vra wat pla ens. kan u ons gerus kontak. U kan ons ook uitnooi om u huis sel, Bybelstudie groep en kerk toe te spreek. Maak gerus kontak, sodat ons ‘n ontmoeting kan reël.

BESTEL GERUS HIERDIE BOEKIE!