Saturday 31 May 2014

DIE MANLIKE KIND EN DIE VROU

DIE BOEK SAL BINNEKORT BESKIKBAAR WEES OP AMAZON.COM!

Die mees opspraakwekkendste boek in die Bybel, is Openbaring. Dié boek, is ryk aan simboliek wat gebruik word om gebeure op aarde en in die geestelike wêreld te verduidelik.

Openbaring 12, oor die manlike kind, die vrou en die draak is een van die dele wat ryk is aan simboliek. Indien dit nie suiwer vanuit die Skrif verduidelik en verstaan word nie, is dit verwarrend.

In hierdie boek word elke element van die manlike kind, die vrou, die draak, die maan, die rivier, ens. onder die soeklig van die Woord geplaas, wat sonder enige twyfel, die uitleg daarvan openbaar maak.

Alhoewel elke simboliek deeglike nagegaan word, is hierdie glad nie 'n moeilike en uitgerekte boodskap nie. Nog minder, bevat dit geheimsinnige dokumente en hoogs geleerde terme wat die leek nie kan verstaan nie.


Die manlike kind is 'n samevatting van die Gods plan, van voor Jesus se kruisiging tot en met vandag. U sal geestelike verryk en gestig word deur hierdie boodskap, aangesien dit ook vele van Jesus se uitlatings verstaanbaar maak.

Besoek my facebook vir meer inligting @Stanley Franks


Monday 19 May 2014

NEW RELEASE: End Time Guide:A-Z

Ek bied u vandag 'n geleentheid om die boek, End Time Guide:A-Z gratis af te laai as 'n vrystellings promosie, vanaf 20-24 Mei 2014, op amazon.com (volg die kindle eBooks skakel). Besoek ook my ‘facebook’ blad, @Stanley Franks, vir skakels.

Hierdie is 'n kragtige eindtyd boodskap van verlossing en antwoorde, soos wat u dit nog nooit gehoor het nie, wat die boek van Daniel tot en met Openbaring maklik verstaanbaar maak:

Eindtyd boodskappe kan soms so moeisaam en verwarrend wees, met geheime en verborge simboliek, wat meer vrae en argumente uitlok as antwoorde. Tog, wil gelowiges die geheime te wete kom, veral wat in die boek van Openbaring opgeteken is.

Onderwerpe algemeen onder bespreking is o.a. die boek van Daniel, die 666 merk van die dier, die groot verdrukking, die wegraping en die wederkoms van die Here Jesus Christus. Hoewel, sekere individue daardeur gefassineer word, distansieer ander hulself sovêr moontlik daarvan, aangesien dit hulle glad nie interesseer nie, terwyl ander dit as negatief afmaak. Afgesien hiervan, lok dit steeds groot belangstelling uit, aangesien die mens deur toekoms gebeure gefassineer word.

Ons bediening – en boek, End Time Guide: A-Z, wat reeds op Amazon en Kindle gepubliseer is – is daarop gerig om die eindtyd boodskap so verstaanbaar, tog so volledig as moontlik oor te dra, sonder enige moeisame geheime en simboliek, of om gewaagde voorspellings te maak.

Die doel is dus, om die onkundige, ongelowige en die spesialis te betrek by 'n maklik verstaanbare uitleg oor eindtyd gebeure met die Christelike kerk en lidmate as die fokuspunt.

Teen die einde van die boodskap, sal elke individue presies weet hoe en waar hy/sy inpas, sonder om wêreldwye gebeure uit te laat. Verder, gee die boodskap hoop en lewe, aangesien die Bybel die sentrale punt van uitleg is. 

Ons moedig u as leier van u gemeente aan, om ons uit te nooi om u toe te spreek. Aangesien die eindtyd boodskap 'n boodskap van hoop, krag en verlossing is. 

Groete in Jesus Christus

Stanley Franks

Sel: 081 710 8262
E-pos: stanleyfranks3@gmail.com

Webtuiste: http://diesendbrief.wix.com/diesendbrief

End Time Guide:A-Z

End Time Guide:A-Z
What the Church need to know