Monday 19 May 2014

NEW RELEASE: End Time Guide:A-Z

Ek bied u vandag 'n geleentheid om die boek, End Time Guide:A-Z gratis af te laai as 'n vrystellings promosie, vanaf 20-24 Mei 2014, op amazon.com (volg die kindle eBooks skakel). Besoek ook my ‘facebook’ blad, @Stanley Franks, vir skakels.

Hierdie is 'n kragtige eindtyd boodskap van verlossing en antwoorde, soos wat u dit nog nooit gehoor het nie, wat die boek van Daniel tot en met Openbaring maklik verstaanbaar maak:

Eindtyd boodskappe kan soms so moeisaam en verwarrend wees, met geheime en verborge simboliek, wat meer vrae en argumente uitlok as antwoorde. Tog, wil gelowiges die geheime te wete kom, veral wat in die boek van Openbaring opgeteken is.

Onderwerpe algemeen onder bespreking is o.a. die boek van Daniel, die 666 merk van die dier, die groot verdrukking, die wegraping en die wederkoms van die Here Jesus Christus. Hoewel, sekere individue daardeur gefassineer word, distansieer ander hulself sovêr moontlik daarvan, aangesien dit hulle glad nie interesseer nie, terwyl ander dit as negatief afmaak. Afgesien hiervan, lok dit steeds groot belangstelling uit, aangesien die mens deur toekoms gebeure gefassineer word.

Ons bediening – en boek, End Time Guide: A-Z, wat reeds op Amazon en Kindle gepubliseer is – is daarop gerig om die eindtyd boodskap so verstaanbaar, tog so volledig as moontlik oor te dra, sonder enige moeisame geheime en simboliek, of om gewaagde voorspellings te maak.

Die doel is dus, om die onkundige, ongelowige en die spesialis te betrek by 'n maklik verstaanbare uitleg oor eindtyd gebeure met die Christelike kerk en lidmate as die fokuspunt.

Teen die einde van die boodskap, sal elke individue presies weet hoe en waar hy/sy inpas, sonder om wêreldwye gebeure uit te laat. Verder, gee die boodskap hoop en lewe, aangesien die Bybel die sentrale punt van uitleg is. 

Ons moedig u as leier van u gemeente aan, om ons uit te nooi om u toe te spreek. Aangesien die eindtyd boodskap 'n boodskap van hoop, krag en verlossing is. 

Groete in Jesus Christus

Stanley Franks

Sel: 081 710 8262
E-pos: stanleyfranks3@gmail.com

Webtuiste: http://diesendbrief.wix.com/diesendbrief

No comments:

Post a Comment